WalsmetMatilda - (EPUB全文下载)
文件大小:0.5 mb。
文件格式:epub 格式。
书籍内容:
Wals met Mathilda
Dan Sleigh
Tafelberg
Tafelberg,
’n druknaam van NB-Uitgewers,
’n afdeling van Media24 Boeke (Edms) Bpk,
Heerengracht 40, Kaapstad, 8001
Posbus 879, Kaapstad, 8000, Suid-Afrika
www.tafelberg.com
Kopiereg © D. Sleigh 2011
Alle regte voorbehou.
Geen gedeelte van hierdie elektroniese boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of -ontsluiting.
E-boekontwerp: Trace Digital Services
Ook beskikbaar in druk:
Eerste uitgawe, eerste druk 2011
ISBN: 978-0-624-05146-6
Epub-uitgawe:
Eerste uitgawe in 2013
ISBN: 978-0-624-05348-4 (epub)
Mobi-uitgawe:
Eerste uitgawe in 2013
ISBN: 978-0-624-06095-6 (mobi)
Ander romans deur dieselfde skrywer:
Eilande (2002)
Afstande (2010)
7 Kaapstad, 2009
Voordag word Koos wakker van die koue. ’n Leë bottel rol by sy voete. Waarom sit hy hier? Hy begin onthou. Daar is nou niks anders te doen nie as om in die bed te klim. Toe hy weer wakker word, skyn oggendlig teen sy kamermuur. Hy ondersoek die kaal muur, die kort spykers waaraan vroeër portrette gehang het, gooi klein skuins skaduweetjies soos sonwysters. Links was ’n mooi foto van Elisabeth, Eric en Matilda toe sy ses was, in die middel een van hulle al vyf saam, regs een van Cornelia as agtienjarige student, wat hyself geneem en laat vergroot het. Hy dink benoud: Ek wens sy wil terugkom, sy was nou lank genoeg weg gewees, ek wens sy wil terugkom, as ek haar net vir ’n halwe minuut hier kan hê om te sê hoe ellendig hierdie huis voel. ’n Paar oomblikke lank onthou hy die gloed, die reuk en smaak van haar vel. Een oggend terwyl hulle by mekaar lê en deur die venster kyk hoe grys winterreën haar veldblomtuin in die duine deurweek, sê sy: “Ons twee sal mekaar weer kry, êrens tussen die sterre daar buite. As so iets moontlik is, sal ek vir jou wag. As dit nie moontlik is nie, moet jy verstaan, wanneer die tyd kom.” “Ja, jy ook.” Wat hier binne gebeur het, was deel van wat nou daar buite gebeur, die sonop, sononder, die dag lange dans van die wind oor die duine, die getye. As hy hierdie huis sou verloor, verloor hy die betekenis van hulle bestaan.
Laas nag het hy baie aan Eric gedink. Soos twee hoë sweeftuie wat om mekaar kring en speel, was hulle, van die eerste dag tot die einde.
Maar, dit is die dag van die vrou met die bandopnemer. Hy moet gaan stap voor sy opdaag. ............
书籍插图:
以上为书籍内容预览,如需阅读全文内容请下载EPUB源文件,祝您阅读愉快。
书云 Open E-Library » WalsmetMatilda - (EPUB全文下载)